In die landbounuus: Graan SA teleurgesteld oor die hof se besluit om nie die JSE se meervoudige verwysingspuntmodel vir sojabone te skrap nie; die nuwe rooivleis statutêre heffingsiklus is amptelik gepubliseer; die toekoms van Premier Foods se inmaakfabriek in Tulbagh bly onseker; en die minister van bosbou, visserye en die omgewing stem in om van nuuts af met gesprekvoering oor die Bosboumeesterplan te begin.



