Ilse Ruthford van Pniel het tydens haar kankerreis en ná Covid besef dat reënboë haar geweldig inspireer. Sy het foto's van allerhande reenboë geneem, en dit op haar sosiale blaaie begin deel. Sy het ‘n Instagram-blad, en mense wêreldwyd stuur nou vir haar foto's van reënboë. Met haar loopbaan gaan dit ook voor die wind. As besturende direkteur van 'n bemagtigingsmaatskappy het sy al verskeie toekennings ingepalm, en vanjaar was daar nog een vir groeiende inklusiwiteit. Sy glo aan hande vat, v sê sy vir Haidee Muller-Isaacs.