In ‘n tydperk van superslim tegnologie, kunsmatige intelligensie, videospeletjies en slimfone sou ‘n mens dink dat kreatiewe handwerk en kuns ernstig krimp, veral onder die jonger geslag. Tog het Mariska Spoormaker die teenoorgestelde ervaar toe sy haarself vasgeloop het in ’n groot skousaal vol kreatiewe handwerk. Alda Fourie, voorsitter van uitstallers by die Bloemskou, het saamgestap.