Die prysgeld vir beroepsgholf is deesdae astronomies. Die PGA-toernooi s’n is al meer as $550 miljoen, met ‘n gemiddelde verdienste van $2,3 miljoen per speler. LIV Gholf stoot 2 tot 25 miljoen dollar per toernooi in, en die DP World Tour betaal $125 miljoen plus bonusse uit aan spelers wat kwalifiseer. Een verkeerde beslissing, soos ‘n strafhou, kan dus duur wees. Inus Marais is 'n internasionale gholfskeidsregter. Johan Rademan het hom uitgevra oor die pad wat hy geloop het.