In die Baai is die gonswoord nou GATVOL, want dit is die koue teerproduk wat die inwoners en sakelui gebruik om slaggate self op te vul. Burgemeester Retief Odendaal ondersteun die inisiatief, wat as tydelike verligting dien totdat die munisipaliteit die hele padoppervlak kan herteer. Gatvol word deur Vistarus, ‘n hawe vir dakloses en verslaafdes, verwerk en in 20 liter verseëlbare emmers verpak. Mariska Spoormaker het gaan hoor hoe werk die storie.