Landboujoernalis Johan Gunter van Bloemfontein is só versot op tamatiekonfyt dat hy besluit het om sy eie te begin maak, nadat hy tevergeefs gesukkel het om dit in die hande te kry. Nou het hy al ‘n konfytbedryffie aan die gang gekry, het hy vir Mariska Spoormaker vertel.