Langs Babylonstoren in die Franschhoekvallei is ‘n werkende plaas, Soetmelksvlei. Hier word daar nog met die hand gewerk soos in die laat 19de eeu. Kom ruik, voel en beleef die era toe tydsintensiewe vaardighede nog sentraal tot die ekonomie gestaan het. Johan Rademan wou by die hoof van Soetmelksvlei, Adele Johnson, hoor wat alles op mense wag tydens die aktiwiteite van ‘n plaaswerf wat meer as 125 jaar terugstrek.