Die bekende en geliefde gemeenskapsleier, digter, skrywer en leraar van die VGK Oudtshoorn-gemeente, ds. André Boezak, tree na meer as drie dekades uit die amp. Hy en Haidee Muller-Isaacs het al te lekker op Oudtshoorn gesels oor sy planne vorentoe, en sy boodskap van hoop aan ieder en elk.