Eintlik moet die rooi mat ver uitgerol, en palmtakke geswaai word vir al die pasassiers wat met elke plesierboot die Baai binnekom. Sodra hulle voet aan wal sit, begin die ekonomiese wiele sterk draai in ’n streek wat dit baie nodig het. Dit skep sommer ’n karnavalgees, sê Alan Foggerty, ‘n Oos-Kaapse toeroperateur.