Die Bosoorlog, ook bekend as die Grensoorlog, en sy nalatenskap is onlosmaaklik steeds met ons. Ongeveer 500 000 dienspligtiges is gedurende die 23 jaar van die oorlog deur die SA Weermag opgelei, en bykans elke huishouding is daardeur geraak. Om die jong soldate van destyds se onskatbare bydrae tot Suid-Afrika se geskiedenis te vier, asook om fondse vir sy werksaamhede in te samel, bied die SA Weermagtevereniging en die Klein Karoo Camino die 60e herdenking van die begin van die Bosoorlog aan. Hierdie byeenkoms vind van 24 tot 27 September 2026 op Oudtshoorn plaas. Haidee Muller-Isaacs praat hieroor met Johann du Preez van die SA Weermagtevereniging en Ockie Cloete van die Klein Karoo Camino.