Beryl Botman se lewe het tot stilstand geruk toe sy op 53 'n weduwee geword het. Maar nou, op 65, vier sy die lewe met allerhande klein dingetjies wat haar siel voed. Sy het selfs besef hoe lekker lyndans is. En ja, sy is die jongste in daardie lyndansgroepie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.