Sy deel nie visse uit nie, maar as baanbrekeropvoeder en sweis-spesialis op die Kaapse Vlakte, leer Athina Dennis voornemende ambagsmanne in die meganiese bedryf al langer as 13 jaar lank hoe om self die vis in te katrol. Sedert 2017 is Athina ‘n onderwyser by die tegniese hoërskool, Oval North High, in Beacon Valley, Mitchells Plain, waar sy spesialiseer in meganiese tegnologie, metaalwerk en ingenieurswese. Sedert 2018 handhaaf Athina ‘n 100% slaagsyfer. Sy is ook die eerste vroue hoofmoderator in die Wes-Kaap vir Meganiese Tegnologie: Sweiswerk en Metaalwerk, en sy floreer in ’n bedryf wat meestal deur mans oorheers word.