DieremaniereDieremaniere

RSG Bekbasaar: Dieremaniere – Van museums tot ’n paradys: ‘n Ereplek vir honde

View descriptionShare
 
S2/E16: Elsje van Jaarsveld neem ons op ’n inspirerende reis na bestemmings waar honde nie net toegelaat word nie, maar as’t ware as familielede geëer en gevier word. Sy gesels Elsje met Karel van der Vyver oor die unieke hondemuseum in Kaapstad, wat die geskiedenis van honde in Suid-Afrika met foto- en beeldhoukuns uitbeeld. Selfs goedgemanierde honde aan leibande is welkom tussen die kunswerke! Daarna verskuif die fokus na die buitelug wanneer Ashley Enslin, eienaar van die bekende Walkhaven Dog Park in Muldersdrift, vertel van hul 22-hektaar paradys langs die Wieg van die Mensdom. Hier kan honde vrylik hardloop, in damme swem en sonder ‘n leiband in die natuur ontspan. Die episode word afgerond met ’n dieregeluid-vasvrae oor die vinnigste soogdier op land.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Dieremaniere

Dieremaniere vier die diep band tussen mense en troeteldiere – van die geliefde huiskat tot die redd 
Social links
Recent clips
Browse 40 clip(s)