Martelize Brink verken die ryk grond van Suid-Afrika wynerfenis. Die legendes, nuwe wynkunstenaars, sommerliers, wingerdboukundiges, bemarkers en pass…
15 clip(s)
Loading playlist
Die een het ‘n professionele tennisloopbaan in Amerika gaan volg, terwyl die ander twee reeds van kindsbeen af geweet het wynmaak is hulle roeping. Drie van Suid-Afrika se beste wynmakers en baanbrekers vir vroue in die bedryf gesels oor die huidige oes en hulle bekroonde loopbane. Rianie Strydom van Cavalli en Strydom Familie-wyne, Elunda Basson van Steenbergwyne en Izele van Blerk van KWV besoek Die Reine Wynheid.