Brandpunt: Polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi was een van Vusimuzi "Cat" Matlala se teikens
11 November 2026: Die Helen Suzman-stigting sê die EFF-leier, Julius Malema, kan nié op die RDK dien nie in lig van sy aanvalle op die regbank. Die moordbeskuldigde, Vusimuzi "Cat" Matlala, getuig dat die polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, een van sy teikens was. 'n Uitstalling oor die land se onuitwisbare geskiedenis van apartheid kry gestalte by die St. George's-katedraal in Kaapstad.



