Sersant Fannie Nkosi, van die Polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad voltooi sy getuienis voor die Madlanga-kommissie. Die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, sê al vyf mynwerkers wat ondergronds by die Ekapa-diamantmyn in Kimberley dood is, sal waardige begrafnisse kry. Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê die aarde se klimaat het oor die afgelope dekade al hoe meer wisselvallig geword.