Die nasionale begrotingsrede is vandag vir die derde keer vanjaar in die parlement voorgelê. Tydens die vorige geleenthede het verskeie partye in die Regering van Nasionale Eenheid geweier om die BTW-verhoging te aanvaar. Dit het verhoudinge in die RNE op die spits gedryf, veral toe die DA die saak in die hof laat draai het. Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die moeilike begroting is gebalanseer deur addisionele spandering te beperk.