

Binne en buite: Die werk van vrywillige noodwerkers
24 Mei 2026: Anthea Carlse is 'n vrywillige noodwerker en paramedikus. Sy en haar span is opgeleide vrywilligers uit die gemeenskap wat brande bestry en by noodgevalle eerste op die toneel is, dikwels voor die ambulans of ander nooddienste opdaag. Hulle werk nie skofte nie, is basies altyd aan dien…

Binne en buite 17 Mei 2026
Dr. Pieter Spies, ’n urologiese chirurg, gesels oor die enorme druk en onvoorspelbaarheid van sy beroep. Hy hanteer hierdie stres deur kompartementalisering en die groen doek-metode, wat hom toelaat om op spesifieke take te fokus eerder as die verlammende groot prentjie. Slegte nuus word in klein d…

Binne en buite 10 Mei 2026
Dr. Siegfried Louw, ‘n predikant in sinodale diens van die NG Kerk Wes-Kaapland en gestaltpraktisyn, gesels na aanleiding van vorige episodes oor die druk van die lewe, en hoe ons dit kan en moet hanteer.

Binne en buite 3 Mei 2026
DJ Muller met Ds. Sherlize van der Merwe van Isibindi in Ysterplaat oor hulle bediening en die uitdagings van ‘n nie-winsgewende organisasie. Isibindi poog om plekke en ruimtes te skep waar jeugdiges van moeilike of benadeelde gemeenskappe hulle doel en passie kan ondersteun.

Binne en buite 26 April 2026
Piet en Sarize Retief is predikante, een op Garies en een op Aggenys. Dié twee dorpe is twee en ‘n half uur uitmekaar. Hulle vertel van die uitdagings en emosionele druk wat hulle werk op hulle huwelik het, en ook op die onderskeie gemeentes.

Binne en buite 19 April 2026
DJ Muller praat met Liza Matthee, skoolhoof van Simondium Primêr net buite die Paarl. Dis ’n landelike skool wat ’n groot gemeenskap van plaaswerkers en hulle kinders dien. Sy vertel hoe haar geloof haar dra en rigting gee te midde van die daaglikse uitdagings van onderwys, waar armoede en moeilike…

Binne en buite 12 April 2026
DJ Muller praat met Francois Boyce van Hoezit Samelewings oor sy geloof wat hom vlerke gegee het toe die lewe uitdagend was. Francois vertel hoe hy die druk van die lewe hanteer anderkant die lag.

Binne en buite 5 April 2026
DJ Muller praat met dr. Dion Els, ‘n predikant en prestasie-ontwikkelingspraktisyn met ervaring in elite sport en geestelike begeleiding, oor hoe om die druk van die lewe te hanteer.