85 Jaar van Afrikaanse Radio85 Jaar van Afrikaanse Radio

Magiese mikrofoon - Episode 5

View descriptionShare

85 Jaar van Afrikaanse Radio

Ons vier 85 jaar van radio in Afrikaans. Die eerste volwaardige radiostasie in Afrikaans het op 27 Oktober 1937 begin uitsaai.
18 clip(s)
Loading playlist
In die laaste aflewering van die reeks programme waarin 85 jaar van uitsaai in Afrikaans op radio gedenk word, val die klem op sportgeleenthede wat deur ons top sportkommentators beskryf is. Daar is die trotse oomblikke toe drieë deur ons voorste rugbyspelers gedruk is, soos Syd Nomis, Chester Williams, Breyton Paulse en Frik du Preez. Ons hoor ook van die laaste oomblikke van die titaniese stryd op die tennisbaan toe Suid-Afrika die eerste en enigste keer die Federasiebeker gewen het. Van die atlete wie se glorieryke oomblikke vasgevang is in klank, is Fanie van Zyl, Hezekiel Sepeng, Elana Meyer en Marius Corbitt. Jy sal ook kan luister na grepe uit die eerste Springboktoets vir vroue; oorwinnings in die swembad deur Penny Heyns en Karin Muir; en die Pollock broers en Barry Richards sorg vir trotse oomblikke. Gary Player praat oor die belangrikheid van sport in Suid-Afrika, en daar is die uitsonderlike oomblikke in die kleedkamer toe afrigter Johan Claasen die Springbokspan toespreek na afloop van ‘n grootse oorwinning tydens die onoorwonne Boktoer in Australië.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. 85 Jaar van Afrikaanse Radio

    18 clip(s)

85 Jaar van Afrikaanse Radio

Ons vier 85 jaar van radio in Afrikaans. Die eerste volwaardige radiostasie in Afrikaans het op 27 O 
Social links
Recent clips
Browse 18 clip(s)