Dr. Laurie Rauch van Kaapstad was goed op pad om ‘n Springbok driekamp-atleet te word toe tragedie tref. Lizma van Zyl gesels met dié akademikus oor sy lang pad na herstel, liggaamlik en emosioneel, en die rol wat dit in sy navorsingswerk gespeel het. Hy deel ook van sy tegnieke om te midde van groot druk, kalm te kan bly.