Die Wes-Kaapse onderwys departement sê daar is 'n toename in bendeverwante voorvalle en geweld naby en op skoolterreine by Kaapstadse skole. Die departement sê die probleem is veral kommerwekkend by skole in Manenberg, Modderdam en Bonteheuwel. Jean Esterhuizen berig dat die departement bykomende polisie"ring en patrollering by skole versoek wat brandpunte vir bende aktiwiteite is.