Die raad van die Universiteit van Johannesburg het die aanstelling van Professor Tshilidzi Marwala as die Universiteit se nuwe visekanselier en rektor aangekondig. Professor Marwala is tans die adjunk-visekanselier van Navorsing en Internasionalisering by UJ. Joan-Marie Verhoef berig hy sal vanaf 1 Januarie 2018 by Professor Ihron Rensburg oorneem.