RSG — 'n Hofaansoek van die verloorfaksie in die Oos-Kaapse ANC om die uitslag van die afgelope naweek se leierskapkonferensie ongeldig verklaar te kry, is deur die hof uitgegooi. Dit is die nuutste verwikkeling in die onderlinge bakleiery in ANC-geledere, onder meer ook in ander provinsies soos KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap. Vir sy ontleding van die situasie, het Heindrich Wyngaard met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit gepraat.