Die span van RSG Nuus & Aktualiteit hou jou op hoogte van die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure. Nuus word heeldag, elke dag in Afrikaan…
2,245 clip(s)
Loading playlist
Die premierskantoor se advieskomitee oor Covid-19 in Gauteng het aanbeveel dat die provinsie 'n kombinasie van vlak drie en vlak vier inperkingmaatreëls instel. Gauteng word by verre die ergste geraak deur die derde vlaag van die pandemie. Die ontplooiing van Suid-Afrikaanse troepe in Mosambiek het die groen lig gekry - sal hulle in samewerking met SADEK-lande die terreurprobleem daar kan oplos? President Joe Biden vergader vandag met die president van Afghanistan, Ashraf Ghani, in Washington.