Ons moet onthou watter opofferings vir ons gemaak is deur dié wat voor ons hier was. DIT was die woorde van die Gauteng Premier, David Makhura, wat 'n gehoor toegespreek het by 'n Menseregtedag Herdenking wat Dinsdag in Sharpeville, suid van Johannesburg gehou is. Nege-en-sestig mense is op dié dag in 1960 deur die apartheidsregering vermoor, toe hulle teen die paswette betoog het. Daar was ook 'n kransleggings-seremonie by die Sharpeville-gedenkteken, oorkant die polisiestasie waar die betogers doodgeskiet is. Makhura sê dit is belangrik om die families te ondersteun wat hulle geliefdes tydens die slagting verloor het. Tog voel van die dag se slagoffers asof die regering hulle vergeet. Jamaine Krige doen verslag.