Die proses om onderwysers in al die provinsies teen Covid-19 in te ent, het vanoggend begin. Verbruikersprysinflasie het in Mei gestyg, te midde van waarskuwings dat munisipale finansies verswak. Twee partye stem nie saam met die finale verslag oor die ingryping om sekere provinsiale departemente van Noordwes onder administrasie te plaas nie - ons vind by hulle uit wat hulle besware is.