Voetsoldaat van die vers
Clinton V. du Plessis, 'n syfersmid van Cradock, is een van ons mees onderskatte digters. 'n Digter wat die lot van die gewone man en vrou op toeganklike en deernisvolle wyse verwoord. Die bundel, Verslag, word deur die dikwels miskende digter as sy swanesang beskryf nadat hy vier dekades gelede me…
DEURnis 5 – Winkelpop deur Braam van der Vyver
Volgens Doon was dit liefde met die eerste oogopslag. Hy kon net nie ophou kyk na die beeldskone Nina nie. Elke week in 'n ander ontwerpersuitrusting. Soms net in haar onderklere. Doon besef die tyd is nou ryp om vir Nina sy huis te gaan wys, maar om dit te kan doen, moet Hendri saam. As hy nie saa…
Stukkies in die legkaart van die lewe
Die veelsydige en veelbekroonde Dolf van Niekerk het vanjaar 90 jaar oud geword. Die stukke van die legkaart van sy lewe sluit onder meer sy loopbaan as omroeper en radiodramaturg in; sy loopbaan in die Departement van Landbou; sy doktorsgraad in die filosofie, en as voorloper en vernuwer in die le…
DEURnis 3 – Toets deur Johann Smith
Jana bied ekstra klasse vir 'n leerder aan. Die onderwys is 'n roeping en onderwysers maak groot opofferings. Hulle motiveer en inspireer. Maar soms is dit wat 'n onderwyseres kan bied, nie goed genoeg nie. En dan tuimel die hele kaartehuis ineen.
DEURnis 4 – Net deur Henque Heymans
'n Sweefstokarties maak gereed vir sy heel laaste optrede. Karl was die land se heel voorste en gewildste kunstenaar in hierdie ysere dissipline. Tot tien jaar gelede... Vandag probeer hy weer dieselfde toertjie, sowat twintig meter bokant die grond en sonder 'n net. Hy word egter kort voor sy optr…
DEURnis 2 – Student deur Braam van der Vyver
Sonja werk al vir agt jaar lank in Potchefstroom se gastehuise. Haar ouers dink sy swot met prestasiebeurse, en stuur steeds elke maand sakgeld. Volgens haar studeer sy menslike bewegingskunde. Daar is baie dinge wat sy vir haarself hou. Tot sy saam met iemand in 'n gastehuis begin drink... Toe beg…
HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist
Hermaans Askies word deur die blondekop vrouedoktertjie versoek om hom tot op sy “menslikheid” uit te trek. En toe word hy skielik gevra om die laken te laat sak... Wat nou?
DIE SUSTER M’T DIE SNOR deur Ferdinand Deist
Ou suster Anna was 'n onkantige ent mens gewees en dan't sy pebliek 'n snôr onner haar neus gehad – 'n pikswarte. Die ou Skot Mister Miknemara is bedlêend en sorg eendag dat ou suster Anna sowaar 'n glimlag onner daai snôr kry.
EN TOE KOM EVA deur Joe Kleinhans
Daar is haas geen mens op Aarde wat nie die verhaal van Adam en Eva iewers in hulle lewens al gehoor of gelees het nie. Die basiese verhaal soos dit in die Bybel opgeteken is, is dat God Adam eerste geskape het, en Eva daarna uit 'n rib van Adam gevorm het terwyl Adam in 'n diepe slaap verkeer het.…
DEURnis 1 – Bloos deur Johann Smith
Barend ontmoet iemand deur die gewilde toep Tinder en nooi haar na sy hotelkamer vir 'n diskrete afspraak. Dit is nie iets wat jy van Barend sou verwag nie. Inteendeel, van Barend word net die beste verwag. Sy hele lewe lank het hy die samelewing se verwagtings van hom oortref. Maar gaan die aand v…