DIE ONSIGBARES: VLUG 295
'n Klankstorie geskryf deur Krisjan Fourie, met Nic de Jager as die voordragkunstenaar en musiek deur Paul Riekert (van Battery 9-faam).
AG, DIE AARDE deur Geo Höhn
Die komponis en operasanger Geo Höhn se klankbane word as “epies” bestempel. In hierdie RSG-opdragwerk verken hy “grond” en wat dit vir mense beteken.
Marius Titus-versprogram - 4
Dean Balie en Zenobia Kloppers lees verse van Marius Titus.
WOORDE LOK WOORDE
'n Spesiale versprogram waarin gedigte oor landskappe, taal en verganklikheid gehoor kan word. Die verse kom uit Johan Myburg se nuwe, nog ongepubliseerde bundel, Uittogboek, wat volgende jaar by Protea verskyn. Myburg het in 1984 met Vlugskrif gedebuteer en dit met Kontrafak opgevolg. Kontrafak he…
vryLAG
Met Emo Adams, Schalk Bezuidenhout & Lindie Stander. Hierdie gedugte driemanskap, onder leiding van die bekkige Johan Rademan, sit die lag in Vrydag. Dit is komedie sonder grense en 'n nuwe konsep om 'n stortvloed van lagbuie te verseker. Sal die mikrofone en die luisteraars se ore hierdie komiese …
DIE DINGUSSE deur Kobus Ras - Episode 5
Die Dingusse kuier vir die naweek op oom Herman se plot, en hier het hulle 'n noue ontkoming...
Zyma Amien
Johan van Lill gesels met die kunstenaar Zyma Amien oor haar lewe en werk.
Luxurama
Johan van Lill bring hulde aan die gewilde en omstrede Luxurama-teater in Wynberg in die Kaap.
LIEF-LIEF DEUR AFRIKAANS
Met Johann Nel & Joanie Combrink. Saamgestel deur Juanita Swanepoel. In Lief-lief deur Afrikaans neem Nel en Combrink die luisteraar op 'n soomlose liefdesreis: van die heel oudste – en stoutste! – liefdesverse in Afrikaans deur die hele spektrum van die liefde tot reg in die sitkamer van die spree…
Nee wat, die koek is droog deur Theunis Engelbrecht
'n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 'n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog...” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.