DIE STER VAN BETHLEHEM deur Ludwig Emil Gryffenberg

Published Dec 25, 2024, 1:00 PM
Die drama speel af tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus, waartydens die Joodse volk, Israel, deel was van die Romeinse Ryk. Dit word vertel uit die oogpunt van 'n jong gestremde skaapwagter, wat in die buitewyke van Bethlehem skape oppas, terwyl sy vader snags die nagwake uitroep. In die ou dae voordat daar van horlosies gebruik gemaak is, was die gebruik dat die wagte op die mure om die stad, die stand van die sterre snags dophou om só die tyd te bepaal. Die skaapwagter, Mefiboset, se leergierige pa, Shamar, bestudeer en dokumenteer egter ook die stand van die sterre. Die verhaal skop af as 'n vreemde ster met 'n langstert sy verskyning op die horison maak. Die spelers is Hendré Henning, Charlie Bouguenon, Lizelle Pike, Kaz McFadden, Duncan Johnson, Antowan Nothling, Rian Terblanche en Henriëtta Gryffenberg. Eddie de Jager het die regie behartig. Die oorspronklike teks, WAGTERS OP DIE MURE, is verwerk vir die radio deur sy dogter, Henriëtta Gryffenberg.

In 1 playlist(s)

  1. Radioteater

    354 clip(s)

Radioteater

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober to 
Social links
Recent clips
Browse 354 clip(s)