KYSBRIEWE deur A.R. Gurney
Andrew en Melissa skryf vir sowat ses dekades lank vir mekaar briewe. Dit is ‘n wipplank- en uitdagende verhouding, wat veroorsaak dat hulle al hoe verder van mekaar wegdryf. Maar op papier blom die liefde steeds. Met Johann Nel, Juanita Swanepoel en Ronel Geldenhuys. Die regisseur is Eben Cruywage…
DIE STER VAN BETHLEHEM deur Ludwig Emil Gryffenberg
Die drama speel af tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus, waartydens die Joodse volk, Israel, deel was van die Romeinse Ryk. Dit word vertel uit die oogpunt van 'n jong gestremde skaapwagter, wat in die buitewyke van Bethlehem skape oppas, terwyl sy vader snags die nagwake uitroep. I…
DIE ONGEBAKTE ALASKA deur Johanna Steyn
Estelle en Hennie berei voor vir ‘n Kersmaal in hulle piepklein woonstelletjie. Haar ma en dié se vriend is genooi om die Kerstyd by hulle te kom deurbring. Sy wil graag haar ma beïndruk, maar dinge werk nie heeltemal uit soos wat Estelle dit beplan het nie. Die spelers is Hannah Borthwick, André T…
MAMMIE SE VOORHUIS deur Erin Patience
Wanneer Mammie se deur vir almal oop staan, kan dit nogal bietjie erg raak vir Tamia. Dit voel of Mammie al haar aandag aan die bure skenk, en nie op haar fokus nie. Dit veroorsaak dat Tamia die goeie nuus wat sy ontvang het, van haar ma en haar pa weerhou. Maar, ook net omdat haar ma haar gedurig …
WYSIE OOR DIE WATER deur Albert Short
Wysie oor die water is opgeneem en vervaardig deur siggestremdes in die ateljee van Innovation for the Blind op Worcester. Dis ‘n stormagtige nag op ‘n skip. ‘n Meisie bevind haar op die skeepsdek, alhoewel sy weet dat die veiligste plek eintlik haar kajuit sou wees. Nogtans bly sy, en ontmoet sy ’…
GRENSGEVAL deur Rita Swanepoel
Wanneer Janet en Arno gaan kamp, word hy oorweldig deur herinneringe aan sy tyd op die grens tydens sy dienspligjare. Die spelers is Roeline Daneel, Eben Genis, Waldemar Schultz, Wessel Pretorius en Susanne Beyers. Die regisseur is Joanie Combrink.
MEVROU DOMINEE deur Riëtte Heslinga
Mevrou Dominee hunker, soos op menige ander Maandagoggende, na Sondag se oorskot-nagmaalwyn. In dominee se afwesigheid, pleit Gabriël by haar om nie in die versoeking gelei te word nie. Hy maak homself tuis op die pastorie se kombuiskaste, vanwaar hy alles beskou wat mevrou aanvang. Hy aanskou ook …
DIE NAGSKUIT KOM deur Anton Treurnich
Abraham Cloete sukkel voort op sy plaas in die Sandveld ná sy vrou se dood. Sy dogter kom help hom na haar terugkeer uit Kaapstad, waar sy gekwalifiseer het as verpleegster. Dit is ‘n laat Saterdagmiddag, Junie 1940, en ‘n storm is aan die broei oor die Weskus. Ryk Swanepoel die polisiesersant kom …
SOETE WRAAK deur Karen Wessels
As Lisa Bruwer by ‘n kamer instap, straal haar aura nie elektriese seksualiteit nie. Sy word gesien as ‘n moederfiguur, ‘n vriendin, die ouer sussie op wie se knoppie jy enige tyd kan druk. Ons het ons heldin al in die radioteater, Soete Drome, ontmoet, en haar leer ken as die versorger, die maatsk…
PUTSONDERWATER deur Bartho Smit
Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Maria, ’n swanger tiener, word deur die gesagsfigure van die dorp – die dominee, die koster, die polisiesersant en die dokter – seksueel misbruik. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap, m…