Anton Goosen, Liedjieboer
Anton Goosen, Liedjieboer, sy lewensverhaal soos vertel aan Hanlie Retief, word deur Johan Rademan onder die loep geneem in 'n gesprek met die legendariese baanbreker musikant, Anton Goosen, en bekroonde skrywer Hanlie Retief. Die boek is rock-'n-roll in die binnewêreld van die legendariese liedjie…
Dean Balie
Haidee Muller gesels met bekroonde teaterakteur en sanger Dean Balie oor die musiek in sy are, David Kramer, en die toonsetting van Adam Smal se gedigte.
Hilandi du Toit
Haidee Muller kuier in die sangeres Hilandi du Toit se tuisateljee. Sy speel vir haar 'n paar liedjies op verskillende kitare, en gesels met Haidee oor haar indrukwekkende kitaarversameling.
Refentse
In 2016 het Refentse vir die eerste keer by die OPPIRADIO-ateljee kom kuier. Hy was net uit die skool, en sy loopbaan het nog nie begin nie. Daar was 'n video van hom op Facebook wat die land aan die gons gehad het, maar niemand het geweet hoe vinnig sy loopbaan en lewe sou verander nie. Drie jaar …
Karen Zoid
Karen Zoid het in 2000 Suid-Afrikaners regop laat sit en luister na haar lied, Afrikaners is plesierig. Sy vier volgende jaar 20 jaar in die musiekbedryf. Haar jongste album, Op die oomblik Deel 2, weerspieël waar Karen haar in hierdie stadium in haar lewe en loopbaan bevind. Christelle van Tonder …
Tasché Burger
Sy droom al jare lank daarvan om in te skryf vir die realitetisreeks, The Voice. Toe sy uiteindelik 18 jaar oud geword het, neem sy die besluit om die stap te doen. Al vier beoordeelaars het hulle stoele vir haar omgedraai. Sy gekies om saam met Francois van Coke te werk. Tasche Burger het daardie …
The Color Blew
The Color Blew glo musiek moet gevoel, en nie net gehoor kan word nie. Liaan Horton, Marius Cronje, Armando Santos en Timothy James is passievol, en lewe in die nou. Die vier musikante stoei teen kommersiële musiek. Hulle het 'n lied, African Sky, geskryf, wat gekskeer met hierdie soort musiek. Die…
Demi Lee Moore
Sy het sewe keer vir Idols ingeskryf, en toe sewende geëindig. En toe wen sy die eerste reeks van Die Kontrak. Demi Lee Moore spog nou met 'n nuwe Country-album. Christelle van Tonder het met haar gesels oor haar goeie jaar.
Roan Ash
Hy maak al baie lank musiek, maar die afgelope drie jaar is sy naam op almal se lippe.. selfs buite Suid-Afrika. Roan Ash het 'n rekord laat spat op Appel Music, en is toe deur die maatskappy genooi om oorsee op te tree. Hy vertel vir Christelle van Tonder van die oomblik in Tennessee in die V.S.A.…
Neil Nachtrein
Neil Nachtrein was eers deel van die duo, Blomtrein, saam met Jan Blohm. Sy tweede solo-album, Op Plekke Waar Ons Eens Was, is nou beskikbaar.