Volgens die jongste statistiek sterf gemiddeld 23 tieners per dag in Suid-Afrika aan selfdood, en kinders so jonk as 6 tot 8 jaar neem ook hulle eie lewens. Nie alle selfdoodpogings lei egter tot die dood nie. In werklikheid beteken dit nie altyd dat die jongmens wil sterf nie. Die poging daartoe kan ook ’n uitroep om hulp wees. Ons praat met ds. Ian Dubery oor waarom jongmense selfdood oorweeg, en hoe om ‘n depressiewe kind te help.