



Ons praat dit uit 22 Maart 2026
Britse navorsers het onlangs vasgestel dat ‘n derde van jongmense tussen 16 en 24, die meeste van die tyd eensaam voel. Dis byna driekeer soveel as mense bo 65. Waarom is dit so? Watter uitwerking het eensaamheid op jongmense? Ds. Ereick van Breda gee raad oor hoe jongmense hulle eensaamheid kan h…

Ons praat dit uit 15 Maart 2026
Jongmense sukkel dikwels met onbeheersde gedrag. Dan word deure toegeklap, klippe rondgeskop en mense om hulle verskree. Waarom? Hoe kan hierdie gedrag oorkom word? PC Pretorius praat hieroor met ds. Leon Geel van die Midstream Familiekerk.

Ons praat dit uit 8 Maart 2026
Nomofobie is die vrees om sonder jou selfoon te wees en gevolglik geen kontak met ander te hê nie. Geen wonder dan dat dit soms lyk asof die selfoon aan jongmense vasgeplak is. En dan is daar die moontlikheid om die selfoon te misbruik… Navorsing wys dat oormatige gebruik van selfone deur tieners t…

Ons praat dit uit? 1 Maart 2026
Navorsing wys dat een van die dinge wat jongmense sterk negatief beïnvloed, onstabiele ouerhuise is. Watter raad is daar vir jongmense wat grootword in sulke omstandighede? Raad word gegee oor hoe jongmense die invloed van onstabiele ouerhuise kan hanteer, wanneer PC Pretorius met Hannes Noeth hier…

Ons praat dit uit 22 Februarie 2026
Tieners leer nog hoe om hulle hormone en wisselende emosies te hanteer, deur by veranderinge te probeer aanpas. Hoe kan hierdie fase hanteer word deur jongmense en ander wat met hulle in aanraking kom? Tieners kry raad oor hoe om hulle wisselende emosies te hanteer by kliniese sielkundige James Bro…

Ons praat dit uit 15 Februarie 2026
'n Gesonde selfbeeld en aanvaarding van jou voorkoms is belangrik vir jongmense se emosionele welsyn, en uiteindelik volwasse rol in die samelewing. Hoekom is ek nie so slim soos daardie een nie? Waarom het ek soveel vlekke en puisies op my gesig? Hoe kan hierdie veranderinge hanteer word? Dr. Gust…

Ons praat dit uit 8 Februarie 2026
Tiener-wees kan opgesom word in twee woorde: massiewe verandering. Adolessensie, die tydperk tussen die aanvang van puberteit en volwassenheid, bring ingrypende biologiese, neurologiese, emosionele en sosiale verandering mee. Hoe moet al hierdie veranderinge hanteer word? Tieners en hulle ouers kry…

Ons praat dit uit 1 Februarie 2026
Een van die grootste probleme waarmee jongmense sukkel, is liefdesverhoudings. Hoe hanteer ek my gevoelens vir die teenoorgestelde geslag? Wat maak ek as ek afgesê word? Wanneer weet ek dis kalwerliefde of regte liefde? Tieners en hulle ouers kry raad oor hoe om liefdesverhoudings te hanteer by pas…

Ons praat dit uit 25 Januarie 2026
Volgens die jongste statistiek sterf gemiddeld 23 tieners per dag in Suid-Afrika aan selfdood, en kinders so jonk as 6 tot 8 jaar neem ook hulle eie lewens. Nie alle selfdoodpogings lei egter tot die dood nie. In werklikheid beteken dit nie altyd dat die jongmens wil sterf nie. Die poging daartoe k…

Ons praat dit uit 18 Januarie 2026
Die gebruik van dwelms in Suid-Afrika is twee keer so hoog as in die wêreld. Sowat 15% van Suid-Afrikaners het ’n dwelmprobleem. Sestig persent van alle misdaad wat in Suid-Afrika plaasvind, is verwant aan dwelmmisbruik. Die sekretaris-generaal van die VN, Kofi Annan, sê dwelms skeur ons gemeenskap…