Die gebruik van dwelms in Suid-Afrika is twee keer so hoog as in die wêreld. Sowat 15% van Suid-Afrikaners het ’n dwelmprobleem. Sestig persent van alle misdaad wat in Suid-Afrika plaasvind, is verwant aan dwelmmisbruik. Die sekretaris-generaal van die VN, Kofi Annan, sê dwelms skeur ons gemeenskappe uitmekaar, dra by tot misdaad, versprei siektes soos Vigs, en vernietig die jeug en ons toekoms.