'n Gesonde selfbeeld en aanvaarding van jou voorkoms is belangrik vir jongmense se emosionele welsyn, en uiteindelik volwasse rol in die samelewing. Hoekom is ek nie so slim soos daardie een nie? Waarom het ek soveel vlekke en puisies op my gesig? Hoe kan hierdie veranderinge hanteer word? Dr. Gustav Gous gee raad aan tieners oor hoe om hulle selfbeeld en voorkoms te hanteer.