PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 3
Frans Malan probeer met Koot van Tonder onderhandel en bied aan om hom te help vlug na Australië as hy vir hulle inligting gee oor waar Tinus Laubscher is. Majoor Hadley Maritz skrik wakker uit sy slaap en besef dat alles wat hy ervaar het, net 'n nagmerrie is. Of is dit?
PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 2
Majoor Hadley Maritz begin toenemend terugflitse ervaar en gebeure uit die verlede herleef. Oscar Jacobs probeer by Giel Rademeyer uitvind waar hulle Tinus Laubscher, Sandra Malan se verloofde, aanhou. Frans Malan probeer om Koot van Tonder te oortuig om van sy plan af te sien om 'n bom by 'n polit…
PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 1
Die reeksmoordenaar, Arlo Madder, lê in die hospitaal in 'n koma nadat hy teen die einde van die vorige vervolgverhaal, Purgatorio, geskiet is. Majoor Hadley Maritz en kaptein Marijke Louw besoek die hospitaal en Hadley maak 'n grap oor Madder se toestand wat hom duur te staan sal kom.
SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 60
Sal Marius en Ansie mekaar weer vind na al die jare? Is Yvette en Rikus vir mekaar bestem?
SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 59
Wie gaan Rikus oortuig om sy pa te ontmoet? Die sandglas is besig om leeg te loop.
SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 52
Daar is bouers by Errol en Veronica se huis, en Errol moet verduidelik wat hulle daar doen. Henri kry 'n etiketles.
SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 51
Grant is in die moeilikheid, en Henri word ook deur die polisie ingeroep om te verduidelik wat sy onlangse bewegings was. Henri is in gedagte en ry in iemand se motor vas. Kan dit dalk sy hele toekoms verander?
SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 50
Yvette is op 'n missie van haar eie. Sal sy haar vingers verbrand? Errol moet dinge regmaak.
SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 49
Rikus het probleme op Bergplaas. Veronica ontdek iets omtrent Errol waarvan sy nie bewus was nie, en sy hou nie noodwendig daarvan nie.
SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 48
Errol het groot planne. Sal Veronica daarby inval? Rikus en Yvette moet noodwendig met mekaar praat.