Middagvervolgverhaal
Gerrit betree Skipper Lee se visstoor en soek apparaat wat vir stropery gebruik word, as bewyse van misdaad. Cornelius skryf Josephine se naam heel bo-aan die lys in sy “swart boekie” van troukandidate, maar skrik groot toe hy sien hoe die “viswyf”, Elsa, vir dokter Chris hanteer.
Middagvervolgverhaal
Josephine besoek die dokter met die duidelike hoop op 'n romanse, maar as sy hoor haar kanse by die arts is skraal, aanvaar sy die raad om Cornelius as tweede keuse te oorweeg. Gerrit beplan hoe om bewyse te versamel ten einde die stropers vas te trek.
Middagvervolgverhaal
Gerrit konfronteer die stroper, Skipper Lee, en 'n streep word in die sand tussen hulle getrek. Cornelius ontwerp 'n stelsel om 'n vrou te soek, maar kry dadelik die wind van voor. Dokter Chris se toenadering tot Elsa is byna net so onsuksesvol.
Middagvervolgverhaal
Cornelius word flou in die spreekkamer en kry raad vir sy eensaamheid. Gerrit en Elsa gaan toets sy nuwe skiboot op see en kom af op perlemoenstropers wat vir hulle duidelik wys dat hulle nie welkom is nie.
Middagvervolgverhaal
Wat sal Lennon met die diamant doen? Sal Bart en Suzanne bymekaar uitkom? Sal Hester en Johan finansieel kan oorleef in George? Wat van Daleen? Wel, daar is mos altyd 'n kinkel in die kabel, of hoe?
Middagvervolgverhaal
Rachel dwing vir Lennon om die seiljag se seile in te katrol en terug hawe toe te vaar. Sy het 'n plan en dit sluit nie Lennon se oorlewing in nie. Bart, Suzanne , Nina en Daleen is oppad met die rubberboot. Sal Rachel vir Lennon doodmaak of sal die klomp op die rubberboot betyds wees om te help? A…
Middagvervolgverhaal
Lennon moet duik vir die diamant, en Rachel gebruik die tyd wat hy onder die water is om van Raps ontslae te raak. Hester besef dat Lennon agter die diamant aan is en oorreed vir Nina om haar te help om met haar pa se rubberboot agter Lennon hulle aan te vaar. Sal Lennon die diamant weer vind? En w…
Middagvervolgverhaal
Hester bieg dat sy nog net een offer vir die kafee en huis gekry het, en dit is van Rachel af. Daleen wil niks meer met die hele storie te doen hê nie. Lennon dink hy het weggekom, maar word verras deur Rachel en Raps wat aanboord sy seiljag kom.
Middagvervolgverhaal
Bart en Lennon moet by die hawe uitkom, maar daar is vir hulle net een manier. Rachel en Raps volg hulle en sien dat hulle gevang sal word. Rachel besluit om haar skuite aan die brand te steek sodat Lennon kan wegkom uit die hawe sonder dat iemand hom raaksien. Sal dit werk?
Middagvervolgverhaal
Die tronk se dokters besluit dis beter om Sweis weer in die tronk se hospitaal te hou, en Sweis verloor dit. Suzanne konfronteer vir Bart oor waarmee hy besig is, en hy kom met die hele sak patats vorendag. Wat sal Suzanne se reaksie wees? Sal sy Bart by die polisie aangee of hom toelaat om Lennon …