Rustig en breed vloei die Oranjerivier verby groentelanderye en spelende boklammers in die droë Richtersveld. Wie sou kon dink dat hier soveel haat en onderstrominge kon wees? Maak kennis met Katryn Jonis, Abraham Klink en 'n geskiedenis van diepgesetelde wrok.