KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 1
Rustig en breed vloei die Oranjerivier verby groentelanderye en spelende boklammers in die droë Richtersveld. Wie sou kon dink dat hier soveel haat en onderstrominge kon wees? Maak kennis met Katryn Jonis, Abraham Klink en 'n geskiedenis van diepgesetelde wrok.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 50 (slot)
Zonja en Erik praat openhartig en ou geheime word oopgevlek. Clara sê haar eerste woorde. Aretha het 'n ete-afspraak met die man van haar drome. Alex en Elaine ontferm hulle oor Louis. Hierdie sluit MOOI MENSE dan af.. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende …
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 49
Jenelle en George se gas maak vir hulle ontbyt om hulle vir hulle goedheid te bedank. Sy hoor hulle hartseerstorie en besluit om die prys vir haar oortredings te betaal.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 48
Clara is uiters siek. Aretha se werk by MOOI MENSE is afgehandel. Sy vertel vir Zonja van Erik.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 47
Jenelle en George ontdek 'n plakker in hulle seehuis. Erik vertel Aretha die volle waarheid. Die Robbinses ontferm hulle oor die "wegloopkind", sonder om te besef wie sy is.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 46
Zonja en Louis troos mekaar. George besluit hy en Jenelle moet wegbreek see toe. Ilonka soek weer hulp by Yolanda.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 45
Zonja gaan saam met Yolanda na die wondkliniek. Alex vertel vir Louis dat hy en Elaine verloof gaan raak. Aretha wys vir Zonja die foto's wat Louis van Clara geneem het.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 44
Louis verstaan nie Aretha se skielike stugheid nie. Yolanda wonder oor haar pa se selfmoord. Ilonka word in Durban in hegtenis geneem. 'n Roudiens bring min troos.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 43
Zonja se gesindheid jeens Yolanda verander. Aretha nooi Erik uit vir ete. Die waarheid oor sy verlede skok.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 42
Zonja troos Jenelle. Alex stel Louis gerus, maar daar lê 'n lang hersteltyd voor vir Clara. Erik kuier by Aretha en vra baie vrae.