SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 1
Ilse se as word afgelewer en Marius se suster, Susan, kom onaangekondig by die kantoor aan.
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 40 (slot)
Die identiteit van Koos Klink se moordenaar word onthul nadat Katryn Jonis reeds skuldig bevind is aan sy moord. Intussen is regter Te Doorn se dogtertjie, Tinkie, besig om te sterf, maar is hy bereid om 'n laaste uitweg te probeer? Hierdie sluit KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD dan af.. Druk …
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 39
Die hofuitspraak word onderbreek met die nuus dat regter Te Doorn se twaalfjarige dogtertjie in 'n koma is nadat sy van haar perd afgeval het. Abraham het diep berou oor wat hy gedoen het, en maak 'n verrassende oproep.
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 38
Abraham knak onder kruisverhoor en lap die waarheid oor sy haat jeens Katryn uit. Het hy maar vroeër gepraat, kon dit soveel onnodige lyding gespaar het.
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 37
Regter Te Doorn maak 'n skokkende ontdekking. Abraham Klink se haat vir Katryn en haar oupa kook oor in die hof.
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 36
Die hof word ingelig dat Doempies Pieterse vermoor is, en die Staat roep Abraham Klink om te getuig teen Katryn Jonis.
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 35
Abraham maak 'n belofte aan sy oorlede ma. Twee besope boemelaars maak in die nag 'n skokkende ontdekking in 'n murasie in Distrik Ses.
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 34
Doempies vlug. Hy weet sy dae is getel. Hy probeer op alle maniere wegkom, maar Daaimint bly meedoënloos op sy spoor.
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 33
Regter Te Doorn en sy vrou maak vrede langs hulle slapende dogtertjie, en in die hof word Doempies se ergste vrese bewaarheid.
KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 32
Regter Te Doorn is terug en gereed om voort te gaan met Katryn se verhoor, maar in die houthut op die Kaapse Vlakte is Doempies en Abraham gespanne oor die hofsaak uit vrees dat die waarheid oor hulle betrokkenheid by Vlok se sindikaat sal uitkom.