Middagvervolgverhaal
By die visbraai moet eers nog kinkels in die kabel uitgestryk word. Chris vra vir Elsa die groot vraag voor almal. Gerrit en ander is ook verlief, maar elkeen maak 'n ander besluit oor die toekoms.
Middagvervolgverhaal
Elsa beplan 'n groot visbraai vir die span op Duikerbaai. Cornelius word genooi, maar hy is ongelukkig en so onvoorspelbaar soos altyd. Hy wil eers na Simonstad gaan om sy vriend, Rocco, te gaan besoek. Cornelius maak 'n skokkende aankondiging by die visbraai.
Middagvervolgverhaal
Die span vra baie vrae vir Johan en Adel oor die aanloop tot Adel se verdwyning en die betrokkenheid van ander instansies by Duikerbaai se dinge. Adel verduidelik hoe haar ontvoering deur die seerowers verloop het.
Middagvervolgverhaal
Die vrylating van Adel is verby, en Johan en Adel het baie om te verduidelik. Cornelius is ongelukkig omdat hy nie weet wat aangaan met sy vriend Rocco nie.
Middagvervolgverhaal
Die groot dag breek aan wanneer Adel deur die seerowers vrygelaat moet word in ruil vir 'n losprys. Die groot vraag is na wie toe Adel sal vlug as sy 'n vrye keuse kry.
Middagvervolgverhaal
Reëlings vir die oorhandiging van Adel word met die seerowers gefinaliseer. Skipper Lee is moeilik om sy samewerking te gee, en dit lyk asof die Oriental Tiger oor gevaarlike wapens beskik.
Middagvervolgverhaal
Skipper Lee dring aan op 'n deel van die losprys vir homself. Christine is ongelukkig omdat Johan dinge wegsteek vir die Duikerbaaispan, en Gerrit kry 'n onverwagte selfoonoproep.
Middagvervolgverhaal
Rocco stem in om 'n losprys te betaal, maar hy is nie gelukkig met die voorwaardes wat die seerowers stel nie.
Middagvervolgverhaal
Dinge begin vinnig gebeur op Duikerbaai. Rocco stem in om saam te werk om Adel terug te vind, en die seerowers stuur 'n videoboodskap van Adel aan Rocco om hulp te vra.
Middagvervolgverhaal
Christine leer hoe dit voel om gewelddadig uit 'n nagklub geboender te word, en Chris maak 'n deurbraak om met Rocco in kontak te kom.