Melodie span vir Anja in om die Stryk-familie ook aan hulle kant te kry. Aria sit hand by. Anja, wat die Stryk-familie goed ken, vertel dat die saad wat sy laas by hulle gekoop het, aan ’n massiewe boom gegroei het. Dit maak die Stryk-familie opgewonde, maar sal dit genoeg wees om hulle aan Anja se kant te kry. Het jy geweet dat John Philip Sousa, die Amerikaanse komponis, bekend staan as die koning van marsmusiek? ʼn Bekende voorbeeld van sy musiek is Stars and Stripes Forever. Luister ook na ander baie bekende marsmusiek soos Tsjaikofski se March of the Toy Soldiers, Ludwig von Beethoven se Turkse Mars, Frans Schubert se Militêre Mars, en Felix Mendelssohn se Troumars.