Anja en Wouter leer ken die wonderlike Tannie Tuba. Wie is die Koperblaas-familie, en hoe sal hulle vir Anja-hulle kan help? Het jy geweet dat `n tuba drie tot selfs vyf ventiele het? Die tregter wys altyd boontoe as jy dit speel. ‘n Sousafoon is `n spesiale bastuba, wat van veselglas gemaak is, sodat jy dit maklik om jou lyf kan hang. Sousafone word in veral militêre orkeste gebruik. Luister na R. Vaughan Williams se Bastubakonsert in F-Mineur.