

Kruis en dwars 30 Maart 2014
Johan van Lill en Lizelle de Bruin gesels oor 'n paar hoogtepunte uit die program oor die afgelope vyf jaar in hierdie laaste uitsending van Kruis en Dwars.

Kruis en dwars 23 Maart 2014
Johan van Lill gesels met 'n breinkenner oor die mens se skeppingsdoel en hoe om jou goddelike identiteit te vind.

Kruis en dwars 16 Maart 2014
Lizelle de Bruin gesels met 'n predikant, 'n sangeres en 'n skryweroor die geloofspad wat hulle stap en hoe God in hulle lewens teenwoordig is.

Kruis en dwars 9 Maart 2014
Die afgelope tyd is daar aanspraak gemaak dat daar nuwe ”evangelies” en die ware graf van Jesus ontdek is. Lizelle de Bruin gesels met ds. Neels van Tonder oor hoe eg hierdie aansprake is en of 'n mens argelogie kan gebuik om die Bybel te bevestig.

Kruis en dwars 2 Maart 2014
Daar is 'n konstante debat oor hoe musiek en aanbidding in gemeentes gedoen moet word en hoe dit kan verbeter.

Kruis en dwars 23 Februarie 2014
Johan van Lill gesels met twee geestelikes oor liefde en naasteliefde en of verskillende gelowe dit dieselfde ervaar.

Kruis en dwars 16 Februarie 2014
Lizelle de Bruin gesels met ds. Fanie Kriel oor die konsep van huisbesoek deur predikante teenoor pastorale berading.

Kruis en dwars 9 Februarie 2014
Lizelle de Bruin gesels oor die Groote Kerk in Kaapstad se konferensie oor die Kerk en geregtigheid.

Kruis en dwars 2 Februarie 2014
Lizelle de Bruin gesels met ds. Gys van Schoor van die NG gemeente Durbanville oor of ons ons misgis met Jesus en waarvoor hy werklik aarde toe gekom het.

Kruis en dwars 26 Januarie 2014
Lizelle de Bruin gesels met proff. Robert Vosloo en Dirkie Smit van die Universiteit van Stellenbosch oor die relevansie van die 450 jaar oue Heidelbergse Kategismus vir vandag.