


732 clip(s) in playlist

Hoe verklaar jy dit: Vensters en waterplante
18 Oktober 2026: Het jy al ooit deur ’n venster gekyk en skielik jou eie weerkaatsing én die wêreld daaragter tegelyk gesien? Kan die waterhiasinte wat Hartbeespoortdam oorgroei nie eerder vir beesvoer gebruik word nie?
21:54
Hoe verklaar jy dit: Van slange tot insekte - die natuur werk soms heel anders as wat ons dink
11 Oktober 2026: Wanneer is ’n slang op sy gevaarlikste — as hy jonk is, of wanneer hy groot en oud is? Wat gebeur met die wêreld se insekte wanneer die aarde warmer word en El Niño sy invloed laat geld?
21:35
Hoe verklaar jy dit: Twee vrae, twee raaisels
4 Oktober 2026: Het jy al ooit op iets afgekom en gewonder: Kan dit ’n fossiel wees? ’n Luisteraar het tydens ’n besoek aan Ballito moontlike fossielvoetspore afgeneem, maar wat sien hy eintlik? En voordat Google en Wikipedia bestaan het, hoe het mense plante en diere beskryf, benoem en opgeteken?
20:48
Hoe verklaar jy dit: Kan diere rou?; Helium
27 September 2026: Kan diere rou? Ons weet diere ervaar verlies, maar verstaan ons regtig wat in daardie oomblikke gebeur? En, Hoekom styg ’n heliumballon?
19:48
Hoe verklaar jy dit: Boom word voëlrestaurant; Nuwe spesies
20 September 2026: ’n Bessieboom kan skielik soos ’n voëlrestaurant lyk! Tientalle meelogies het opgedaag vir ’n feesmaal, en toe die laaste bessie weg is, het hulle net so skielik verdwyn. Hoekom sien ons party voëls en diere in sommige woonbuurte, en ander glad nie? En, as wetenskaplikes ’n nuwe …
22:21
Hoe verklaar jy dit: Twee luisteraarsvrae wat anders na miere en aardvarke sal laat kyk
13 September 2026: Kan miere regtig ’n “lewende reddingsvlot” vorm om mekaar aan die lewe te hou? Waarom lyk ’n aardvark soos ’n mengsel van ’n vark, ’n haas en ’n kangaroe, en is hy enigsins familie van ’n vark?
21:57
Hoe verklaar jy dit: Die wêreld van insekte en slange
6 September 2026: Het jy geweet insekte kan dalk meer as net ’n plaag wees – hulle kan ’n verrassend effektiewe voedselbron wees? En, hoe weet ’n slang wat om hom aangaan as hy nie ore het nie?
20:15
Hoe verklaar jy dit: Die verrassende wetenskap van water kook op groot hoogtes
30 Augustus 2026: Hoekom kook water op groot hoogtes teen ’n laer temperatuur, maar neem dit dan langer om kos gaar te maak? Hoe is dit moontlik dat ’n spinnekop elke nag haar web bou, dit ’n paar uur later weer afbreek, die sy oprol en selfs herwin – alles terwyl ons slaap?
22:47
Hoe verklaar jy dit: Brein se invloed op liggaam; Krokodille; Reptielsmokkel
23 Augustus 2026: Ons kyk na die verrassende invloed wat jou brein op jou liggaam kan hê; hoe krokodille miljoene jare se verandering oorleef het; en hoe reptielsmokkel Suid-Afrika se reptielgetalle bedreig.
22:55
Hoe verklaar jy dit: Hoekom voel metaal kouer as hout? SA se padda-rooilys
16 Augustus 2026: Het jy geweet 'n metaalstoel en 'n houtstoel kan presies dieselfde temperatuur wees, maar metaal voel kouer omdat dit hitte baie vinniger uit jou vel trek? Jou brein ervaar die vinnige hitteverlies as kouer. Ons verduidelik hoekom jou sintuie jou soms mislei, én hoe wetenskaplikes…
21:34