



Hoe verklaar jy dit: Die wêreld van insekte en slange
6 September 2026: Het jy geweet insekte kan dalk meer as net ’n plaag wees – hulle kan ’n verrassend effektiewe voedselbron wees? En, hoe weet ’n slang wat om hom aangaan as hy nie ore het nie?

Hoe verklaar jy dit: Die verrassende wetenskap van water kook op groot hoogtes
30 Augustus 2026: Hoekom kook water op groot hoogtes teen ’n laer temperatuur, maar neem dit dan langer om kos gaar te maak? Hoe is dit moontlik dat ’n spinnekop elke nag haar web bou, dit ’n paar uur later weer afbreek, die sy oprol en selfs herwin – alles terwyl ons slaap?

Hoe verklaar jy dit: Brein se invloed op liggaam; Krokodille; Reptielsmokkel
23 Augustus 2026: Ons kyk na die verrassende invloed wat jou brein op jou liggaam kan hê; hoe krokodille miljoene jare se verandering oorleef het; en hoe reptielsmokkel Suid-Afrika se reptielgetalle bedreig.

Hoe verklaar jy dit: Hoekom voel metaal kouer as hout? SA se padda-rooilys
16 Augustus 2026: Het jy geweet 'n metaalstoel en 'n houtstoel kan presies dieselfde temperatuur wees, maar metaal voel kouer omdat dit hitte baie vinniger uit jou vel trek? Jou brein ervaar die vinnige hitteverlies as kouer. Ons verduidelik hoekom jou sintuie jou soms mislei, én hoe wetenskaplikes…

Hoe verklaar jy dit? Bye wat bal vorm sonder korf; Kan geelvinke reën voorspel?
9 Augustus 2026: Hoekom vorm bye skielik 'n digte bal onder 'n tafel sonder 'n korf? Kan geelvinke regtig voorspel of dit 'n nat of droë somer sal wees, deur hoe hoog hulle neste bou?

Hoe verklaar jy dit? Reptiele wat in die see leef?
2 Augustus 2026: Het jy geweet sommige insekte kan mettertyd minder vatbaar raak vir insekdoders? En, terwyl amfibieë soms in die see voorkom, is daar ook reptiele wat hulle hele lewe in soutwater deurbring.

Hoe verklaar jy dit? Kan jou maagsappe gif neutraliseer?
26 Julie 2026: Wat gebeur as jy per ongeluk 'n giftige spinnekop of ‘n ander giftige organisme insluk? Word die gif deur jou maagsappe geneutraliseer? Hoekom gebruik ons steeds die QWERTY-sleutelbord, al is daar glo beter alternatiewe? Wat is die langtermyn-uitwerking van stres op diere?

Hoe verklaar jy dit? Super El Niño; Hoekom QWERTY?
19 Julie 2026: Berigte oor 'n moontlike Super El Niño laat baie mense wonder: Hoe ernstig is dit regtig, en hoe onderskei jy feite van vrees? Het jy al gewonder hoekom jou rekenaar se sleutelbord nie alfabeties is nie? Waarom lyk QWERTY soos dit lyk?

Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef insekte insekte ekstreme toestande? Vesel-lasers.
12 Julie 2026: Hoe oorleef insekte yskoue winters, versengende hitte en van die mees ongenaakbare plekke op aarde? Entomoloog dr. Johan Pretoriu sluit sy reeks af oor hoe insekte ekstreme toestande trotseer. En, ons hoor hoe vesel-lasers die wêreld van tegnologie verander – van presisie in materiaa…

Hoe verklaar jy dit? Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef?
5 Julie 2026: Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef? Ons vind uit hoe insekte uiterste hitte, ysige koue en droë omgewings trotseer. En, ons beantwoord 'n luisteraarsvraag: As mikroskopiese lewe op Aarde onder ongelooflike omstandighede kan oorleef, kan daar dalk ook lewe op die Maan of …