

Hoe verklaar jy dit? Kan jou maagsappe gif neutraliseer?
26 Julie 2026: Wat gebeur as jy per ongeluk 'n giftige spinnekop of ‘n ander giftige organisme insluk? Word die gif deur jou maagsappe geneutraliseer? Hoekom gebruik ons steeds die QWERTY-sleutelbord, al is daar glo beter alternatiewe? Wat is die langtermyn-uitwerking van stres op diere?

Hoe verklaar jy dit? Super El Niño; Hoekom QWERTY?
19 Julie 2026: Berigte oor 'n moontlike Super El Niño laat baie mense wonder: Hoe ernstig is dit regtig, en hoe onderskei jy feite van vrees? Het jy al gewonder hoekom jou rekenaar se sleutelbord nie alfabeties is nie? Waarom lyk QWERTY soos dit lyk?

Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef insekte insekte ekstreme toestande? Vesel-lasers.
12 Julie 2026: Hoe oorleef insekte yskoue winters, versengende hitte en van die mees ongenaakbare plekke op aarde? Entomoloog dr. Johan Pretoriu sluit sy reeks af oor hoe insekte ekstreme toestande trotseer. En, ons hoor hoe vesel-lasers die wêreld van tegnologie verander – van presisie in materiaa…

Hoe verklaar jy dit? Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef?
5 Julie 2026: Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef? Ons vind uit hoe insekte uiterste hitte, ysige koue en droë omgewings trotseer. En, ons beantwoord 'n luisteraarsvraag: As mikroskopiese lewe op Aarde onder ongelooflike omstandighede kan oorleef, kan daar dalk ook lewe op die Maan of …

Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef sommige insekte in uiterste omstandighede? Word slange meer aggressief?
28 Junie 2026: Hoe oorleef sommige insekte toestande wat vir die meeste lewe onmoontlik sou wees, soos vrieskoue, uitdroging en selfs suurstoftekorte? En, is dit waar dat slange al hoe meer aggressief word namate die aarde warmer word?

Hoe verklaar jy dit? Is diere selfbewus?
21 Junie 2026: Is diere werklik selfbewus, of lyk dit net so vir ons? Hoekom voel dit asof ’n draaiende fietswiel of tol weerstand bied wanneer jy dit probeer omkantel?

Hoe verklaar jy dit? Waarom voer ’n houtkapper oorlog met sy spieëlbeeld?
14 Junie 2026: Waarom vlieg ’n kuifkophoutkapper herhaaldelik teen ’n venster vas, asof hy doelbewus die glas aanval? En, hoekom vloei ’n rivier vinniger in die middel van die stroom as langs die oewer?

Hoe verklaar jy dit? Wat gebeur met jou liggaam in uiterste toestande?
7 Junie 2026: Wat gebeur met jou liggaam wanneer dit aan uiterste toestande blootgestel word? En, kan ’n mens regtig vlieë wat in water verdrink het weer lewendig kry?

Hoe verklaar jy dit? Vreemde diertjie wat in droë dorsland oorleef; Insekte wat skielik in getalle toeneem
31 Mei 2026: Wat is daardie vreemde diertjie wat in die droë dorsland oorleef? En, hoekom vermeerder sekere insekte skielik in groot getalle, terwyl ander amper verdwyn?

Hoe verklaar jy dit? 24 Mei 2026
Hoe bly ’n papie lewendig binne sy omhulsel, en hoekom sterf hy as dit te vroeg breek? Hoekom sien ’n mens kilometers se voëlneste aan kragdrade tussen Britstown en Upington, maar amper niks tussen Britstown en Kaapstad nie?