Die sprong na Graad 1 is groot, en vir hierdie oorgang om suksesvol te wees, is dit nodig dat die voorskoolse kind oor die nodige vaardighede beskik. Afrikaans.com, in samewerking met Oasis Club Learning, het ’n skoolgereedheidsprogram ontwikkel wat ouers help om probleemareas te identifiseer, en indien nodig die nodige stappe te doen as ouers vermoed hulle kind is nie skoolgereed nie. Yolandi van den Heever van Oasis Club Learning is die baasbrein agter hierdie program.