



Fenomenale vroue indie Bybel 14 Desember 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels met dr. André Bartlett oor Maria Magdalena, die vrou wat deur Jesus van besetenheid verlos is en die eerste getuie van sy opstanding was.

Fenomenale vroue in die Bybel 7 Desember 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels hy met ds. Doret Niemandt oor Maria, die moeder van Jesus. Hulle bespreek of sy mooi verstaan het wat met haar gebeur het.

Fenomenale vroue in die Bybel 30 November 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels met ds. Janine Fourie oor Batseba, die vrou wat bekend is daarvoor dat sy op ‘n dak gebad het en toe deur koning Dawid in owerspel betrek is. Die betekenis van haar lewe word bespreek.

Fenomenale vroue in die Bybel 23 November 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels met dr. Suzanne van der Merwe oor Hanna, die vrou wat by God pleit om haar gebed te verhoor vir ‘n kind. Die belangrikheid van ons ooreenkomste met God word bespreek.

Fenomenale vroue in die Bybel 16 November 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels hy met dr. André Bartlett oor die weduwee, Rut, die vrou met ‘n diepe liefde vir haar skoonma, Naomi. Ons hoor watter lesse ons vandag uit Rut se lewe kan leer.

Fenomenale vroue in die Bybel 9 November 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels hy met ds. Jeanine Fourie oor Ragab, die vrou met ‘n donker verlede, wat tog deur God gebruik is.

Fenomenale vroue in die Bybel 2 November 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels hy met ds. Dewald Niemandt oor Jogabet, wat haar kind in ‘n biesiemandjie aan die genade van die Nylrivier oorgelaat het.

Fenomenale vroue in die Bybel 26 Oktober 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels hy met ds. Conette van Rooyen oor Ragel, die vrou wat deur haar pa bedrieg is, maar tog later met die liefde van haar lewe getroud is.

Fenomenale vroue in die Bybel 19 Oktober 2025
Ds. Plantjie Janse van Rensburg gesels met dr. Dorette Niemand oor Sara, die vrou wat ongeduldig op God se belofte vir ‘n kind bly wag het, en sake in haar eie hande wou neem.

Fenomenale vroue in die Bybel 12 Oktober 2025
Plantjie Janse van Rensburg gesels met ds. Dewald Niemandt oor Hagar, die slavin wat vir haar meester ‘n kind moes baar, en watter betekenis sy het vir vandag se vroue.