

Die geheime van die brein - Episode 30
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat in die brein gebaur dat party mense iets dadelik doen, en ander dit uitstel. Is dit altyd tot jou voordeel om iets dadelik te doen?

Die geheime van die brein - Episode 29
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur wanneer jy lag. en hoekom iets vir jou snaaks is? Waarom is dit belangrik vir jou brein om gereeld te lag? Wat is ‘n humorsin?

Die geheime van die brein - Episode 28
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur wanneer jy na musiek luister. Watter invloed het ritme, toonhoogte en klankkleur op die brein?

Die geheime van die brein - Episode 27
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe die brein hoor en luister. Hoe werk gehoorapparate en hoe kan ek my eie luistervermoë verbeter en my gehoorsintuig versorg.

Die geheime van die brein - Episode 26
Johan van Lill praat met prof Ignatius Gous oor wat is kreatiwiteit, en wat in die brein gebeur as ons kreatief dink. Is alle mense kreatief? Kan ek myself leer om kreatief te wees? Watter rol speel kreatiwiteit in die brein se oorlewing.

Die geheime van die brein - Episode 25
In hierdie episode gesels Johan van Lill met prof Ignatius Gous oor wat gebeur in die brein dat sekere dinge vir ons is mooi is of nie? Watter effek het die kunste op ons as mense? Watter rol speel die kunste in die ontwikkeling van ons breine.

Die geheime van die brein - Episode 24
Johan van Lill praat met prof Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur as jy angstig of dapper is. Hoekom reageer mense verskillend in stresvolle situasies? Hoe kan jy jou brein voorberei om die beste te reageer in ‘n noodsituasie?

Die geheime van die brein - Episode 23
Johan van Lill gesels met prof Ignatius Gous oor wat jy kan doen om jou brein te help om alledaagse uitdagings te oorkom en ons kyk ook krities na Maslow se hiërargie van behoeftes. Waar pas dit in by neurowetenskap en het Maslow self hierdie driehoek opgestel?

Die geheime van die brein - Episode 22
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur dat ons baie keer so maklik meegevoer raak en vir sekere soorte bemarking en advertensies val, en sommer net blindelings aan die koop gaan!

Die geheime van die brein - Episode 21
Johan van Lill praat met prof Ignatius Gous oor hoe jy jou brein kan verbeter? Is daar pille wat ’n mens kan drink om jou slimmer te maak, en werk dit?