31 Mei 2026: Frieda van den Heever is 'n bekroonde musikant, aktrise, stemkunstenaar en predikant by InVia Gemeente, en vir baie RSG-luisteraars 'n bekende stem as voormalige aanbieder van Vers en Klank. In 2021 het haar man, die draaiboekskrywer Leon Kruger, skielik in haar arms gesterf. Frieda praat oor die druk van skielike verlies, hoe sy as enkelma moes leer om weer asem te haal, en hoe haar geloof en kuns haar deur die donkerste tyd van haar lewe gedra het.